Die naam Braambos Bediening is afgelei uit die geskiedenis in Eksodus 3 waar die Here met Moses vanuit die braambos of doringbos gepraat het.  Moses moes kaalvoet (gestroop van eie planne, voorkeure en vewysingsraamwerk) voor die Here verskyn sodat Hy by God self wat die Argitek en Bouer van die nuwe stad (Heb 11:10) is, kon hoor.

Braambos Bediening wil mense uitnooi en help om so kaalvoet voor God te kom staan sodat elkeen self Sy stem kan hoor en Hy hulle lewens kan aanraak en elkeen kan laat funksioneer soos 'n braambos wat brand (ons woorde en dade moet wees asof dit God is wat praat. Hy het ons immers geskep en in Christus herskep om sy verteenwoordigers en beelddraers te wees).

Moenie na My kyk vir 'n struktuur nie, kyk na My vir liefde en Ek sal die struktuur gee en daaruit sal liefde bedien word, want Ek is die God van liefde - dit sal 'n plek van heling en genesing wees.

Christianity is not about being perfect, you will never be perfect. It is about the Perfect One who took my imperfection on His shoulders. Who covers my  imperfection with His perfection who wants to make His perfection a reality in my life. I can not do it. I can not pretend it. I can not perform it. It is the work of the Holy Spirit. Christ in me will make it a reality (2 Cor 3:18).

Die gehoorsaamheid van Christus word vir ons toegereken. (Rom 5:19)

Genade beteken: God moet dit doen en nie ek nie! Hy sit alles moeiteloos in plek en hou dit self in stand.
I was found and bound in Christ long before I was lost in Adam (Eph 1:4,5).
Hou op om so hard te probeer, Christus het dit klaar vir jou gedoen!
Allow God to clean His own fish.
Met Christus in jou het jy integriteit!

Jesus kyk nie na my foute en swakhede nie. Hy kyk na my en sien  Christus in my - die André gestalte van Christus! Hy laat Hom nie keer deur ons sonde en tekortkominge nie - terwyl Hy dit uitsorteer, gebruik Hy my soos dit Hom behaag