Hierdie inligting word binnekort opdateer.

Die Boom van die Lewe

Aan die hand van Genesis 2:9, 16, 17 word twee lewenswyses of denkpatrone uitgewys. Die implikasie van hierdie twee maniere van dink en lewe word met praktiese voorbeelde verduidelik sodat gelowiges opnuut by die Boom van die Lewe kan uitkom. Christus se kruisiging en opstanding maak dit vir ons almal moontlik om volgens hierdie denkpatroon te lewe want Hy is Die Lewe.

Die reeks bestaan uit 6 cd's en opsommings

Prys R160

Grondbeginsels 1

Basiese Bybelse waarhede wat oor die afgelope jare by Braambos Bediening ontdek en oopgebreek is, word aan die hand van die volgende onderwerpe verduidelik:

Die Twee Paaie (Matteus 7:13-14)
Die Skaapkraal (Johannes 10)
Die Drie Gordyne (2 Korintiers 3)
Pilare van Geestelike groei
Die Heerlikheid van God (Eksodus 33 en 34)

Die reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings.

Prys R150

Grondbeginsels 2

Basiese Bybelse waarhede wat oor die afgelope jare by Braambos Bediening ontdek en oopgebreek is, word aan die hand van die volgende onderwerpe in deel twee verduidelik:

God is in beheer
Christenskap
Seisoen van Genade
Die waarheid van die kruis
Die wiel van God

Die reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings.

Prys 150

Verborge Manna en Skrifwaarhede 1

Volgens Openbaring 2:17 sal elkeen van ons wat die oorwinning behaal verborge manna kry. In Christus is ons almal oorwinnaars en is ons gereed om die "verborge manna" te ontvang. Die verborge manna het letterlik verwys na die kruik met manna wat saam met die ander heilige voorwerpe by die verbondsark bewaar is.  Dit sou by die koms van die Messias weer uitgehaal word.  Vir ons wat na die kruis en opstanding van Jesus leef, verwys die verborge manna na Jesus wat in Johannes 6:36 sê dat Hy die Brood van die Lewe is.  Hierdie manna (Christus) is verborge omdat Hy in die lewe en in die Bybel nie altyd sommer met die eerste oogopslag sigbaar is nie.  Ons het die leiding van die Heilige Gees nodig om Hom raak te sien.

In hierdie reeks ontdek ons die verborge manna in sekere Skrifgedeeltes:

2 Samuel 14
2 Samuel 24
Storms van die Lewe soos in Matteus 14 en Matteus 26
1 Korintiers 6:9-11

Die reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

Verborge Manna en Skrifwaarhede 2

Volgens Openbaring 2:17 sal elkeen van ons wat die oorwinning behaal verborge manna kry. In Christus is ons almal oorwinnaars en is ons gereed om die "verborge manna" te ontvang. Die verborge manna het letterlik verwys na die kruik met manna wat saam met die ander heilige voorwerpe by die verbondsark bewaar is.  Dit sou by die koms van die Messias weer uitgehaal word.  Vir ons wat na die kruis en opstanding van Jesus leef, verwys die verborge manna na Jesus wat in Johannes 6:36 sê dat Hy die Brood van die Lewe is.  Hierdie manna (Christus) is verborge omdat Hy in die lewe en in die Bybel nie altyd sommer met die eerste oogopslag sigbaar is nie.  Ons het die leiding van die Heilige Gees nodig om Hom raak te sien. In hierdie tweede reeks ontdek ons die verborge manna verder in sekere Skrifgedeeltes:

  1. 2 Petrus 1
  2. Jesaja 58
  3. Jesaja 58 en verwante tekste
  4. 1 Kronieke 13, 2 Samuel 6

Die reeks bestaan uit 4 cd's plus opsommings

Prys R140

Verborge Manna en Wonderwerke

Volgens Openbaring 2:17 sal elkeen van ons wat die oorwinning behaal verborge manna kry. In Christus is ons almal oorwinnaars en is ons gereed om die "verborge manna" te ontvang. Die verborge manna het letterlik verwys na die kruik met manna wat saam met die ander heilige voorwerpe by die verbondsark bewaar is. Dit sou by die koms van die Messias weer uitgehaal word. Vir ons wat na die kruis en opstanding van Jesus leef, verwys die verborge manna na Jesus wat in Johannes 6:36 sê dat Hy die Brood van die Lewe is. Hierdie manna (Christus) is verborge omdat Hy in die lewe en in die Bybel nie altyd sommer met die eerste oogopslag sigbaar is nie. Ons het die leiding van die Heilige Gees nodig om Hom raak te sien.

In hierdie reeks ontdek ons die verborge manna in 'n paar wonderwerke:

1.   Matteus 28:23-27  Jesus maak die storm stil
2.   Johannes 2:1-12  Jesus verander die water in wyn
3.   Markus 6:35-44  Vermeerdering van die brood
4.   Lukas 6:6-11  Die man met die gebreklike hand.

Die reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings.

Prys R140

Verborge Manna en Psalms

Die Psalmdigters verwoord hulle intieme gesprekke, verwondering en worsteling met die Skeppergod.

In hierdie reeks kyk ons na die dieper betekenis van die volgende Psalms:

1.      Psalm 50
2.      Psalm 46
3.      Psalm 111
4.      Psalm 2

Die reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

 

Verborge Manna en Gelykenisse 1

'n Gelykenis is 'n alledaagse gebeurtenis wat beskryf word sodat 'n geestelike waarheid oorgedra kan word. Volgens Matteus 13:10-17 vertel Jesus gelykenisse sodat die mense (buitestaanders) 'n boodskap kan verstaan en sodat ons (mense rondom Jesus met wie Hy 'n verhouding het en wat deur die Heilige Gess gelei word) die dieper geheime van die koninkryk kan verstaan.  Jesus sê dat mense meestal net hoor wat hulle wil hoor en daarom moet ons die Heilige Gees toelaat om vir ons God se hart te laat hoor soos Jesus dit dan ook in die gelykenisse vir ons wil verduidelik:

1.      Die Barmhartige Samaritaan
2.      Gelykenis van die Suurdeeg
3.      Matteus 13:24-30
4.      Gelykenis van die Saaier
5.      Gelykenis van die Koring en die onkruid

Die reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings

Prys R150

Verborge Manna � Gelykenisse 2

'n Gelykenis is 'n alledaagse gebeurtenis wat beskryf word sodat 'n geestelike waarheid oorgedra kan word. Volgens Matteus 13:10-17 vertel Jesus gelykenisse sodat die mense (buitestaanders) 'n boodskap kan verstaan en sodat ons (mense rondom Jesus met wie Hy 'n verhouding het en wat deur die Heilige Gees gelei word) die dieper geheime van die koninkryk kan verstaan. Jesus sê dat mense meestal net hoor wat hulle wil hoor en daarom moet ons die Heilige Gees toelaat om vir ons God se hart te laat hoor soos Jesus dit dan ook in die gelykenisse vir ons wil verduidelik:

Gelykenisse word verder verduidelik in deel 2:

1.      Gelykenis van die 10 maagde
2.      Die Verlore Seun (a)
3.      Die Verlore Seun (b)
4.      Die Ryk Jong man

Die reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

 

Kruiswaarhede

Die hoogtepunt van die herstel van die mens is Jesus wat aan die kruis uitroep: Dit is volbring!  Die kruis van Jesus het alles kom verander.   Alles in die Bybel moet verklaar en verstaan word in die lig van dit wat aan die kruis gebeur het en wat afgehandel is.  Elke vers in die Bybel (Ou Testament en Nuwe Testament)  selfs woorde en opdragte van Jesus moet verstaan word aan die hand van dit wat aan die kruis gebeur het. In hierdie reeks kyk ons na 'n paar skriftgedeeltes om die waarheid van die kruis te verduidelik:

1.      Matteus 6:12, Matteus 18:5
2.      Matteus 22:39, Matteus 6:33, Hebreers 10:16, Johannes 1:5
3.      Romeine 4:25, Eksodus 16, Numeri 20
4.      Genesis 1:26-27, Genesis 3:4-5, Matteus 3:12-13, Matteus 4:1-4
5.      Romeine 7:5-11, 1 Korintiers 1:30, 2 Korintiers 3:18
6.      Lukas 13:1-10, Galasiers 4:3-7

Die reeks bestaan uit 6 cd's en opsommings

Prys R160

Christus in die Ou Testament 1

Die voltooide werk van Christus het 'n impak op die hele wêreld.  Elke stukkie detail van die wêreld en van menswees het verander toe Jesus aan die kruis uitroep: Dit is volbring!  In die lig van hierdie dinamiese waarheid kan daar met nuwe oë na die Ou Testament gekyk word.  Op wonderlike maniere kan daar weer ontdek word hoedat daar voortdurend 'n heenwysing na Christus is.

In die reeks (deel 1) kyk ons na verskillende skrifte in die Ou Testament om hierdie waarheid te verstaan.  Die reeks bestaan uit 6 cd's en opsommings.

Prys R160

Christus in die Ou Testament 2

Die voltooide werk van Christus het 'n impak op die hele wêreld. Elke stukkie detail van die wêreld en van menswees het verander toe Jesus aan die kruis uitroep: Dit is volbring.  In die lig van hierdie dinamiese waarheid kan daar met nuwe oë na die Ou Testament gekyk word. Op wonderlike maniere kan daar weer ontdek word hoedat daar voortdurend 'n heenwysing na Christus is.

In die reeks (deel 2) kyk ons na verskillende skrifte in die Ou Testament om hierdie waarheid te verstaan.  Die reeks bestaan uit 6 cd's en opsommings

Prys R160

Christus in die Ou Testament 3

Die voltooide werk van Christus het 'n impak op die hele wêreld.  Elke stukkie detail van die wêreld en van menswees het verander toe Jesus aan die kruis uitroep: Dit is volbring.   In die lig van hierdie dinamiese waarheid kan daar met nuwe oë na die Ou Testament gekyk word. Op wonderlike maniere kan daar weer ontdek word hoedat daar voortdurend 'n heenwysing na Christus is.

In die reeks (deel 3) kyk ons na vetrskillende skrifte in die Ou Testament om hierdie waarheid te verstaan.  Die reeks bestaan uit 6 cd's en opsommings.

Prys R160

 

Grepe uit Hebreërs 1

Die skrywer van Hebreërs rig die brief aan  2de en 3de geslag Christene wat weer nodig het om die grondwaarhede van die Christelike geloof te hoor. Hierdie 2de en 3de geslag Christene leef ook in 'n kerkwêreld waar die Ou Testament met sy klem op die wet en voorwaardes en vereistes baie bekend is en ook baie sterk beklemtoon word.  Dis nog 'n rede waarom dit nodig is om die kontras en die waarheid van die Christelike geloof weer te formuleer.  Daarom is die fokus van die Hebreërskrywer nie soseer die daad van geloof nie maar wel die inhoud van die geloof.  Die inhoud van die Christelike geloof is geen dogma of instelling nie - dit is 'n persoon naamlik Christus.

1.      Fokuspunte in Hebreërs
2.      Aansteeklike voorbeelde in Hebreërs
3.      Skrifte rakende vrymoedigheid in Hebreërs
4.      Die woord 'sien' in Hebreërs
5.      Opsetlike sonde

Die reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings

Prys R150

Grepe uit Hebreërs 2

Die skrywer van Hebreërs rig die brief aan 2de en 3de geslag Christene wat weer nodig het om die grondwaarhede van die Christelike geloof te hoor.  Hierdie 2de en 3de geslag Christene leef ook in 'n kerkwêreld waar die Ou Testament met sy klem op die wet en voorwaardes en vereistes baie bekend is en ook baie sterk beklemtoon word.  Dis nog 'n rede waarom dit nodig is om die kontras en die waarheid van die Christelike geloof weer te formuleer.  Daarom is die fokus van die Hebreërskrywer nie soseer die daad van geloof nie maar wel die inhoud van die geloof.  Die inhoud van die Christelike geloof is geen dogma of instelling nie - dit is 'n persoon naamlik Christus.

Reeks 2 veduidelik die Hebreërbrief verder.

1.      Verdienste
2.      Tugtiging
3.      Hebreërs 10-12
4.      Ons is met Christus beklee

Die  reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

Grepe uit Hebreërs 3

Die skrywer van Hebreërs rig die brief aan 2de en 3de geslag Christene wat weer nodig het om die grondwaarhede van die Christelike geloof te hoor.  Hierdie 2de en 3de geslag Christene leef ook in 'n kerkwêreld waar die Ou Testament met sy klem op die wet en voorwaardes en vereistes baie bekend is en ook baie sterk beklemtoon word.  Dis nog 'n rede waarom dit nodig is om die kontras en die waarheid van die Christelike geloof weer te formuleer.  Daarom is die fokus van die Hebreërskrywer nie soseer die daad van geloof nie maar wel die inhoud van die geloof.  Die inhoud van die Christelike geloof is geen dogma of instelling nie - dit is 'n persoon naamlik Christus.

In reeks 3 word die Hebreërbrief verder verduidelik.

1.      Nuwe verbond
2.      Hebreërs 8
3.      Ons is kanale van Christus
4.      Die Here maak Homself bekend

Die reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

Jeremiades tot Jubeltone 1

'n Profeet tree op as mondstuk van God en kan gebruik word om uitsprake rakende die verlede, hede of toekoms bekend te maak.  Profete is nie amptelik opgelei nie maar is telkens na 'n persoonlike ontmoeting of aanraking deur God toegerus vir hulle taak.  Jeremia word ook so deur God geroep as mondstuk om God se boodskap vir Israel deur te gee.  Die hoofsaak van Jeremia se boodskap was God se ontevredenheid oor die volk se uiterlike vormgodsdiens in plaas van 'n liefdesverhouding met Hom.  In Christus is nie slegs enkelinge geroep as profete nie maar ons almal wat glo dat Hy ons in Christus kom herskep het sodat ons Sy verteenwoordigers en beelddraers en mondstukke kan wees.

In reeks 1 kyk ons na die volgende hoofstukke:

1.      Jeremia 1
2.      Jeremia 2
3.      Jeremia 3
4.      Jeremia 7
5.      Jeremia 13

Die reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings

Prys R150

 

Jeremiades tot Jubeltone 2

'n Profeet tree op as mondstuk van God en kan gebruik word om uitsprake rakende die verlede, hede of toekoms bekend te maak. Profete is nie amptelik opgelei nie maar is telkens na 'n persoonlike ontmoeting of aanraking deur God toegerus vir hulle taak.  Jeremia word ook so deur God geroep as mondstuk om God se boodskap vir Israel deur te gee.  Die hoofsaak van Jeremia se boodskap was God se ontevredenheid oor die volk se uiterlike vormgodsdiens in plaas van 'n liefdesverhouding met Hom.  In Christus is nie slegs enkelinge geroep as profete nie maar ons almal wat glo dat Hy ons in Christus  kom herskep het sodat ons Sy verteenwoordigers en beelddraers en mondstukke kan wees.In die 2de reeks kyk ons na die volgende hoofstukke:

1.      Jeremia 17
2.      Jeremia 18-20
3.      Jeremia 24-29
4.      Jeremia 30-33

Hierdie reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings

Prys R140

Genade 1

Ons Vader se liefde word die duidelikste sigbaar deur Sy genade. Een van die mooiste verduidelikings van genade is dat dit iets is wat God doen en nie ek en jy as mens nie. In Sy genade het Hy in Christus mens geword en vir ons lewe kom oopbreek. Aan die hand van 'n paar onderwerpe word die genade van God prakties verduidelik. Ontdek weer die sin en betekenis van genade. Die eerste reeks bestaan uit 5 cd's en opsommings.

1)  Die waarheid van Genade
2) Genade en Wysheid
3) Genade en Vermaan
4) Genade en Tugtiging
5) Genade en Vrede

Prys R150

Genade 2

Ons Vader se liefde word die duidelikste sigbaar deur Sy genade. Een van die mooiste verduidelikings van genade is dat dit iets is wat God doen en nie ek en jy as mens nie. In Sy genade het Hy in Christus mens geword en vir ons lewe kom oopbreek. Aan die hand van 'n paar onderwerpe word die genade van God prakties verduidelik. Ontdek weer die sin en betekenis van genade. Die tweede reeks bestaan uit 4 cd's en opsommings.

1) Genade en liefde
2) Genade en Seën
3) Genade en Loon
4) Genade en Sonde

Prys R140