Die geestelike leiers is André en Christa de Villiers wat reeds die afgelope 30 jaar voltyds in die bediening is. André het sy teologiese studies op Stellenbosch voltooi en was vir 20 jaar lank gemeentepredikant in 3 verskillende gemeentes.

Braambos Bediening het op 3 Okt 1999 in Pretoria begin nadat die Here André de Villiers se voete op 'n nuwe geestelike pad geplaas het. Sy gesin was van die begin af deel van hierdie geestelike aanraking en verdieping en vandag is altwee hulle dogters, Ammari en Corlia voltyds betrokke by Braambos Bediening.

Die afgelope jare werk hy onafhanklik en tree meestal in Pretoria en Mosselbaai omgewing op. Versoeke om in ander gemeentes en plekke op te tree, word gereeld ontvang en hanteer.

 


Corlia - Bemarking en Projekte :: André - Visiedraer
Christa - Koordineerder :: Ammari- Woordverkondiging en Toerusting